KykNet Dagbreek: Parstyd met Boer & Brit

Bob’s chilling in Korea

Bob got some airtime on a Korean TV drama.

WOSA USA

When it comes to branding, South African winemaker Boer & Brit is in a league of its own. Their wine labels are blogged about, their brews thoughtfully packaged. A bottle of their Suikerbossie MCC Brut 2007 does not only make you want to taste the stuff, but you might not bear to part with the bottle once you’ve guzzled it down.

Keep reading

Die Beeld & Naweek+

Samarie Smith wrote a awesome article. about us in Die Beeld and Naweek+.

Here you go:

Dié Boer en Brit sorg tesame vir wyn-rebellie

Samarie Smith



Een is die agteragterkleinkind van ’n baie bekende Boer, die ander een van ’n Brit, maar saam-saam keer hulle die wynwêreld op sy kop, skryf Samarie Smith.

Dis manne soos dié wat ons wynbedryf nodig het. G’n skaam om ’n bietjie lewe in die gepratery oor wyn in te blaas en iets onkonvensioneels daarmee aan te vang nie.

Veral as dit boonop vuur maak onder die duisende net-bierdrinkers daar buite.

Hul verhaal kom met ’n kinkel deur die verlede, asof die noodlot dinge presies só beplan het om die pap met ’n bietjie intrige aan te dik.

Dis die verhaal van twee nageslagte wat bloed in wyn verander het.

Stefan Gerber (die Boer) en Alexander Milner (die Brit) het saam wingerd- en wynkunde bestudeer en pelle geword – min gepla oor die geskiedenis van wat was.

Net so kon dié twee se oupas se oupas tydens die Anglo-Boereoorlog ook nie weet watter vet streep die toekoms hulle gaan trek nie.

Gerber is die agteragterkleinseun van pres. Paul Kruger en Milner dié van die Engelse veldmaarskalk John French.

Nou is dié twee wynmakers net besorg oor wat is en wat beter kan wees. Dis nou veral as daar oor wyn gepraat word. En daar is niks wat die euwels van die verlede kan blus soos goeie wyn nie.

“Want met die lyf van ’n Boer en die neus van ’n Engelsman kan jy nie ’n fout maak nie,” is hul leuse.

Nes hul oupas se oupas het dié twee ook uiteenlopende belange, maar dié keer darem in dieselfde kamp.

Gerber het ’n voorliefde vir Rhône- en Mediterreense kultivars soos sauvignon blanc en shiraz. Milner het ’n liefde vir Bordeaux-kultivars.

Die eerste Boer & Brit-wyn

The Field Marshal (R75) met ’n Boer en ’n Brit, ’n Rockspider en ’n Rooinek op die etiket was hul eerste wyn in 2008. Elkeen met een vat wyn. Milner met ’n vat malbec, en Gerber met tempranillo.
“Dit was ons braaiwyn-versnit.”

Die versnit is sedertdien aangepas en bevat nou shiraz, mourvèdre, tinta amarela, carignan en grenache.

Dis ’n innoverende wyn met diepte, aromas van lemoensjokolade, kersies en droplekkers, ook met nuanses van tamatieblaar, potpourri en gedroogde speserye.

Die ander Boer & Brit-wyne is The General (R75) en Gezina (R55). Daar is ook die “Suikerbossie ek wil jou hê”-reeks (’n chenin blanc en shiraz/viognier teen R35 elk, met ’n MCC teen R70) en die Trans-Karoo-wyne (’n pinotage en ’n chenin blanc) teen R90.

Die eerste woning

Vol idees het die twee op 12 Julie 2010 op Milner se familieplaas, Natte Valleij buite Stellenbosch, weggespring en uit ’n ou perdestal gewerk.

“Maar die wil was daar. Ons mikpunt was 15 000 bottels, wat toe by 200 000 bottels geëindig het! Ons staan hoeka as the gangsters of the grape bekend, vertel Gerber die storie.

“Ons wou ook nie op die wa spring van broer eet broer en met ons bure meeding nie. Ons wou ons eie ding doen, die onkonvensionele as die konvensionele gevestig kry. Soos om wyndrinkers van bierdrinkers te maak.”

Dít was die geboorte van Bob’s Your Uncle, die eerste wyn in ’n bierbottel: The White Brew en The Red Brew.

En soos dapper dwarstrekkers kan verwag, was dit nie sonder teenkanting nie. Maar soos hul voorvaders is dié twee leiers nie volgelinge nie en het die gewildheid van die bierbottel-tendens meer lof as lyding gebring.

“Die kroondoppie bied die perfekte seël. Ons is maar rebelle wanneer dit by tradisionele verpakking kom. Daar was baie veranderinge in ’n kort tyd.”

Maar wat soek iemand as hy ’n bier soek? Tog iets verfrissends! Bob’s Your Uncle kom in ’n 500 ml-bierbottel en speel met die Afrikaanse term: Daar gaan jy, boet!

Dit word teen R20 by die kelder verkoop.

Die plan

Maar hulle wou verder gaan: om ’n onopgesmukte kultuur rondom wyndrink te skep.

Dis toe dat hulle die plaas onder Bainskloof in Wellington ontdek. Een van daardie só-gemaak-só-laat-staan-plekke met die egte, pure plaasgevoel.

“Nou beplan ons kos-en-wyn-rebellies vir einde September. Ook pieknieks. ’n Plek waar mense oor wyn kan leer en saam kan kuier.”

As mense die Suikerbossie drink, moet hulle die liedjie begin sing, sê hy. En as hulle die Trans-Karoo in ’n verre land skink, moet hulle huis toe verlang.

Wyn is ’n kultuur, glo hulle, nie ’n luukse nie. Nie net iets wat mense met sakke vol geld kan bekostig en net groot kelders suksesvol kan produseer nie.

“As jy ’n bier oopmaak, vra jy tog nie vrae daaroor nie, jy geniet dit net. Ons wil wegdoen met stereotipes.”

Jy kan ook oorslaap

Die ou klassieke plaasopstal is presies wat hulle nodig het, meen Gerber.

Dit dateer van 1795 en het lae deurkosyne en plankvloere wat kraak, outydse meubels, baddens en slingertoilette.

Die 13 gastekamers is ge­re­stou­reer, maar die plaasgevoel is behou. Daar is ’n kroeg, grootskerm vir rugby kyk en genoeg wyn om tot laatnag te kan filosofeer.

“Die plaas sê iets van ons. Dis ons vibe. Geen flash of glamour nie. Dit gee besoekers die geleentheid om wyn van verskeie streke op een plek te proe.”

  • Vir meer inligting skakel 021 875 5824.

Facebook “L button” joke

Faceboet recently made the “L” on your keyboard the shortcut to Like something, we made good use of this!

Not bad for 2080 likers & 915 people talking about this…

Here’s what we did: L button image - remember to press the “L” button :)

Boer & Brit in Die Matie

In just over a year of operating, Boer & Brit have taken the wine world by storm, with a truly unique product that has raised many eyebrows, and many glasses. With an unconventional approach to blending, funky labels and a catchy storyline, these wines appease more than just the palate.”

BY: Jo Wessels
Photos: Michelle Duncan

Keep reading

BOB makes the Daily Mail

What’s new in the world of vino? Here are the next big things…

Stefan Gerber from South Africa’s Boer & Brit winery is defying convention by bottling his ‘Bob’s Your Uncle’ Chenin Blanc 2011 in 500ml brown beer bottles, with gold crown caps. They look fantastic, and the wine inside is good. But why beer bottles?”

Click here the read the complete article.

Trans-Karoo on the Dieline

The Dieline featured Trans-Karoo! Very happy…

Check it out.

Decanter Magazine

We made it onto the Decanter website. Watch this video clip:


And if you want to read the interview on the Decanter site click here.

Chop & BOB

What had great fun when creating this poster! Hope you enjoy some Bob at the braai’s this festive season.

Burgers & Boer & Brit

Cognito Restaurant in Stellenbosch made some killer burgers paired with some of our wines, lekker!

Boer & Brit really cares…

Woolies got a few calls! But the right one was chosen… happy.

BOB’S YOUR UNCLE

Ok, so we launched this new proudcut product called Bob’s Your Uncle.
It’s wine but in a beer bottle…

Lots of blogs have picked up the hype so we gathered them all so you can check it out, blog’s your uncle:

  1. http://lovelypackage.com/bobs-your-uncle/
  2. http://blog.lightninglabels.com/2010/wine-labels/bobs-your-uncle/
  3. http://www.seriousaboutwine.co.za/?p=4394
  4. http://www.thedieline.com/blog/2010/8/30/bobs-your-uncle.html
  5. http://www.spill.co.za/niblets/wine-in-a-beer-bottle-the-boer-and-brit-team-innovate/2755/ (Great story)
  6. http://10and5.com/2010/08/bobs-your-uncle/#more-12962
  7. http://coolmaterial.com/roundup/bobs-your-uncle-wine/
  8. http://www.trendhunter.com/trends/bobs-your-uncle
  9. http://www.lostateminor.com/2010/09/02/wine-in-a-beer-bottle/
  10. http://www.theurbangrocer.com/2010/09/02/with-bobs-your-uncle-bobs-your-uncle/
  11. http://michaelolivier.co.za/2010/09/11/bob’s-your-uncle/
  12. http://imod.co.za/2010/09/28/bobs-your-uncle/
  13. http://www.packagingoftheworld.com/2010/10/bobs-your-uncle.html
  14. http://winetimes.co.za/2010/09/22/beer-bottled-wine-bobs-your-uncle/
  15. http://www.designindaba.com/news-snippet/bobs-your-uncle

Enjoy!
B & B

Faceboet page

Our new Faceboet page is up and running! Please click here and become a fan.

Wines are almost ready for battle!

The first batch of Boer & Brit are on standby for action. They will be saluting the nation in December 2009. Watch this space for more info and where you’ll be able to get your own case of Boer & Brit.